
Saans Diepe Grond, 2024
- Regular price
- R 16,200.00
- Sale price
- R 16,200.00
- Regular price
-
“Saans: Diepe Grond” verwys na die ritmiese en sikliese aard van die karakters se alledaagse bestaan. Die skottel-emmer—’n simbool vir die grawe en soeke na water; of moontlik ook Soekie se terugflits na die wit skottel met die bloed van ‘n springbokkie, terwyl Frikkie moordpleeg; of dit kan die houer van hul ablisie wees. Die kussing dien as ‘n sagte toevlug, wat slaap en ‘n tydelike ontsnapping van hul verdoemde realiteit bied; of as die passiewe toeskouer: die inkeping, voue en afdrukke van die donker seksuele aktiwiteite en geheime van die familie. Die skilderye stel dus skuld en onskuld teenoor mekaar, ‘n weerspieëling van die karakters se innnerlike struwelinge en die verborge waarhede van hul bestaan.